
Lamola las ondersoek na Zuma en Gupta se Indië besoek
Loading player...
Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê oudpresident Jacob Zuma se onlangse besoek aan Indië wek kommer. Die MK-partyleier verskyn op ʼn foto saam met die voortvlugtige Ajay Gupta en Suid-Afrika se hoë kommissaris in Indië, Anil Sooklal, by die Sidipeeth Shri Dakshin Kali tempel in Haridwar. Die minister het ʼn ondersoek gelas na Sooklal se betrokkenheid by Zuma se besoek. Lamola sê dis kommerwekkend dat ʼn voormalige staatshoof ʼn buitelandse beleid kan voer wat parallel is aan dié van die huidige regering:

