
As alles hou, kan olie verder daal - ekonoom
Loading player...
Internasionale oliepryse het tot hul laagste vlak gedaal sedert die begin van die VSA-Israel-konflik met Iran, namate hoop op vredesgesprekke en die geleidelike terugkeer van tenkskipverkeer deur die Straat van Hormuz druk op markte verlig. Brent het Donderdag na aan 70 Amerikaanse dollar 'n vat beweeg maar is tans bo 72 dollar. Ekonoom Dawie Klopper sê dit is baie positief, maar waarsku dat enige hernude militêre eskalasie of ineenstorting in onderhandelinge oliepryse weer kan laat styg.

