
Trump kap na kritiek dat hy finansieel baat uit sy amp
Loading player...
Die Amerikaanse president, Donald Trump, het teruggekap teen bewerings dat hy finansieel voordeel trek uit sy amp en sê hy verdien meer omdat die aandelemark verstewig. Sy persoonlike finansiële onthulling toon hy het verlede jaar 16,4-miljard Namibiese dollar verdien deur beleggings in kripto-geldeenhede, betaling uit tantieme, eiendomsbeleggings en die verkoop van Bybels en sportskoene met die Trump-handelsmerk. Hy sê almal trek voordeel uit die aandelemark te danke aan die werk van sy administrasie:

