
Filmkommissie se streek-roadshow eindig môre
Loading player...
Die Namibiese Filmkommissie sal môre sy 2026 Streeksfilm-Roadshow afsluit in Windhoek met die vertoning van drie plaaslik befondsde films, Mindful Maestros, Connection, en One More Win. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sê die kommissie se woordvoerder, Nicola Muranda, dat die roadshow 'n sukses was om Namibië se groeiende filmbedryf te bevorder in landelike gebiede.

