Hof verwerp 'Cat' Matlala se pleitooreenkoms

Loading player...
Die Handelsmisdaadhof in Pretoria het die sakeman Vusimusi "Cat" Matlala se pleitooreenkoms van agt-jaar tronkstraf vir bedrog, korrupsie en geldwassery verwerp. Dit handel oor die Medicare24-tender van 228 miljoen rand. Landdros Ignatius du Preez beskryf Matlala as die baasbrein van die operasie en wonder of sy samewerking opregte berou is of 'n poging om 'n ligter vonnis te verseker. Hy het tronkstraf van 12 jaar voorgestel, onderhewig aan beraadslagings tussen die staat en verdediging:
1 Jul 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

LIV Gholf skaal af, begin werkers aflê

Gholf: LIV Gholf skaal sy bedrywighede af en gaan volgende week begin om die meeste van sy 300 werknemers af te lê. Saoedi-Arabië se Openbare Beleggingsfonds het sedert Junie 2022 meer as 79,76-miljard Namibiese dollar belê, maar gaan sy befondsing einde vanjaar beëindig. Die LIV-seisoen het 'n week vroeër geëindig…
27 Aug 9AM 1 min

Opgradeer padnetwerk dringend, vra wetgewers

Na afloop van die afsluiting van streekskonsultasies oor padveiligheid, doen wetgewers 'n beroep op dringende ingryping vir die opgradering van die land se padnetwerk. In 'n verslag voor die Nasionale Raad sê die voorsitter van die parlementêre staande komitee oor vervoer, infrastruktuur en behuising, George Garab, dat die gebrek aan…
27 Aug 9AM 1 min

Bosa stel burgers eerste: Maimane

Build One South Africa se leier, Mmusi Maimane, sê die party se verkiesingsveldtog is vereenvoudig, professioneel georganiseer en bied kiesers landwyd geloofwaardige kandidate. Bosa gaan in die November-verkiesing met 794 kandidate in 24 munisipaliteite in vyf provinsies deelneem. Die meeste van sy kandidaatlyste is in Johannesburg, Tshwane, Ekurhuleni, Kaapstad en…
27 Aug 8AM 1 min

Stad Windhoek verduidelik oor Matyayi se reise

Stad Windhoek het sy uitvoerende hoof, Moses Matyayi, verdedig nadat raadslede kommer uitgespreek het oor internasionale reiskoste, insluitend 'n reis van 300 000 Namibiese dollar na Harvard-universiteit in Amerika. In 'n brief aan die Stedelike Ontwikkeling-minister het raadslede die besteding bevraagteken, maar stadswoordvoerder Lydia Amutenya hou vol dat alle amptelike…
27 Aug 8AM 1 min