IPC sê oor sy boekjaar

Loading player...
Politieke partye is besig om hul finansiële jaarverslae te publiseer. Volgens die Kieswet moet toelaes wat van die regering ontvang, openbaar gemaak word. Kosmos 94.1 Nuus het met die sekretaris-generaal van die IPC, Christine !Aochamus, gepraat. Sy gee 'n oorsig oor hoe die IPC in hul boekjaar gevaar het.
1 Jul 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Oos-Kaapse protesteerders bots met owerhede

Die Oos-Kaapse polisie het gister 229 mense in hegtenis geneem tydens 28 betogings teen immigrante regoor die provinsie. Die arrestasies sluit in 208 ongedokumenteerde buitelandse burgers en 21 strafregtelke arrestasies wat verband hou met die betogings. Polisiewoordvoerder Nobuntu Gantana sê die grootste betogings was in Bizana, Lusikisiki, Flagstaff en Mthatha,…
1 Jul 6AM 1 min

Plaaslike verkryging beste dryfveer vir werkskepping

Die eerste minister, dr. Elijah Ngurare, het onlangs gesê die regering sal nou genoodsaak word om meubels plaaslik aan te koop. Volgens hom sal die regering verkrygingseenheid opdrag gee om aan plaaslike vervaardigers voorkeur te gee. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie by arbeidskenner, Herbert Jauch, gekry. Volgens hom is dit…
1 Jul 6AM 1 min

Ndungula sê oor komende dagga-uitspraak

Uitspraak in die Grondwetlike saak van Brian Jaftha en Borro Ndungula om daggaverbruik in die land te wettig, word op 6 Julie verwag. Die saak word deur 'n volle regbank, metregters Dinnah Usiku, Claudia Claasen en Philanda Christiaan aangehoor. Kosmos 94.1 Nuus het met Ndungula gepraat. Hy sê hulle hoop…
1 Jul 6AM 1 min

GNU het nie kommer oor weeklikse March and March-betogings nie

Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê die regering is nie bekommerd oor die dreigement van weeklikse betogings teen ongedokumenteerde immigrasie in die land nie. March and March se stigter, Jacinta Ngobese-Zuma, sê daar gaan vir die volgende ses maande elke week betogings wees om die regering te dwing…
1 Jul 5AM 1 min

Gauteng se omgewingsbegrotig (R646m) te min - DA

Die DA in Gauteng sê die provinsie se omgewingsbegroting van 646 miljoen Suid-Afrikaanse rand vir 2026/2027 is nie genoeg om die toenemende besoedeling en 'n omgewingskrisis te behartig nie. Die party het teen die begroting gestem en gesê inwoners word daagliks geraak deur swak luggehaltemonitering, rioolbesoedeling in riviere en swak…
1 Jul 3AM 1 min