
Lof vir Suid-Afrikaners met vreedsame betoging
Loading player...
Die Inter-ministeriële Komitee oor Migrasie sê Suid-Afrikaners moet geloof word nadat hulle hul grondwetlike reg om te betoog gister vreedsaam en verantwoordelik uitgevoer het. Betogings teen onwettige immigrante het landwyd hoofsaaklik vreedsaam verloop. Die polisie het op geïsoleerde voorvalle van plundering en pogings tot plundering gereageer. Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, sê dié wat kies om die optogte vir misdaad uit te buit, sal met die volle mag van die gereg te doen kry:

