Aussie-vroue weer in T20 eindstryd

Loading player...
Die sesmalige kampioene, Australië, is na drie jaar weer in die T20-Wêreldbeker vir vroue se eindstryd nadat hulle die Wes-Indiese Eilande by die Oval met agt paaltjies verpletter het. Die Wes-Indies is tot 125 vir sewe beperk. Daarna het Beth Mooney ʼn onoorwonne 61 van 36 balle aangeteken en Australië het die teiken gehaal met sewe boulbeurte oor. Australië kom in Sondag se eindstryd op Lord’s óf teen Engeland óf Suid-Afrika te staan. Mooney sê dis spesiaal om nog ʼn eindstryd te haal:
1 Jul 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

FNB Eagles gereed vir FNB T20 driehoekige reeks

Krieket Namibië het sy span aangekondig vir die FNB T20 driehoekige reeks teen Suid-Afrika en Zimbabwe wat môre in Windhoek afskop. Dit word gevolg deur drie eendagwedstryde tussen die FNB Eagles en Suid-Afrika se Proteas. Kosmos 94.1 Nuus het met Krieket Namibië se president, Rudie van Vuuren, gepraat wat sê…
27 Aug 10AM 1 min

El Niño-seetemperature word dalk hoogste ooit

Die daaglikse see-oppervlaktemperature oor die Suidelike Ossilasie-indeks is in die kritieke Niño 3,4-gebied en is tans 'n verstommende 2,6°C bo die 30-jaar gemiddelde. Onafhanklike weervoorspeller Johan van den Berg sê hierdie see-oppervlaktemperature is op pad om moontlik die sterkste in die aangetekende geskiedenis van El Niño te word. Hy het…
27 Aug 10AM 1 min

LIV Gholf skaal af, begin werkers aflê

Gholf: LIV Gholf skaal sy bedrywighede af en gaan volgende week begin om die meeste van sy 300 werknemers af te lê. Saoedi-Arabië se Openbare Beleggingsfonds het sedert Junie 2022 meer as 79,76-miljard Namibiese dollar belê, maar gaan sy befondsing einde vanjaar beëindig. Die LIV-seisoen het 'n week vroeër geëindig…
27 Aug 9AM 1 min

Opgradeer padnetwerk dringend, vra wetgewers

Na afloop van die afsluiting van streekskonsultasies oor padveiligheid, doen wetgewers 'n beroep op dringende ingryping vir die opgradering van die land se padnetwerk. In 'n verslag voor die Nasionale Raad sê die voorsitter van die parlementêre staande komitee oor vervoer, infrastruktuur en behuising, George Garab, dat die gebrek aan…
27 Aug 9AM 1 min

Bosa stel burgers eerste: Maimane

Build One South Africa se leier, Mmusi Maimane, sê die party se verkiesingsveldtog is vereenvoudig, professioneel georganiseer en bied kiesers landwyd geloofwaardige kandidate. Bosa gaan in die November-verkiesing met 794 kandidate in 24 munisipaliteite in vyf provinsies deelneem. Die meeste van sy kandidaatlyste is in Johannesburg, Tshwane, Ekurhuleni, Kaapstad en…
27 Aug 8AM 1 min