
DBV verwelkom honde-regulasies maar is nie geraadpleeg nie
Loading player...
Reaksie word ontvang oor Stad Windhoek se nuwe regulasies oor hondebeheer en -bestuur. Dit is daarop gemik om verantwoordelike honde-eienaarskap te bevorder, openbare veiligheid te verbeter en dierewelsyn te versterk. Met ’n geskatte 20 000 honde in Windhoek sê amptenare sterker beheer is nodig. Sleutelmaatreëls sluit verpligte honde-registrasie, die herinstel van lisensiëring, en vereistes vir inentings en fiksheidsertifikate in. Kosmos 94.1 Nuus het met Silke van der Merwe, die DBV-direkteur gepraat.

