Kaapse polisie staan bont met betogings

Loading player...
Die Stad Kaapstad se rampkoördineringspan sê 'n paar voorvalle rondom betogings teen onwettige buitelanders is vanoggend aangemeld. Woordvoerder Charlotte Powell sê eenhede is op die toneel by 'n byeenkoms in Bloekombos, 'n groep op die Parade, en 'n poging tot winkelplundering in Gugulethu, waar die polisie en die Metropolisie ingegryp het. Sy sê groot vervoerwisselaars bly in bedryf terwyl personeel reg oor die metropool ontplooi word:
30 Jun 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Eiseb wil korrupsie verhoed, nie net bestry

As een van sy eerste amptelike verpligtinge voordat hy formeel op 1 Oktober die leisels van direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie oorneem, het Bryan Eiseb 'n hoflikheidsbesoek aan die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, afgelê. Eiseb het kommer uitgespreek oor die kommissie se onvoldoende begroting, terwyl hy die Speaker…
27 Aug 10AM 1 min

Amerikaanse ambassadeur 'meng in, regering moet optree'

Aktivis Michael Amushelelo het 'n nasionale petisie van stapel gestuur waarin hy die regering versoek om die Amerikaanse ambassadeur, John Giordano, tot persona non grata te verklaar. Amushelelo beskuldig die Amerikaanse diplomaat van inmenging in binnelandse sake en verwys na hoëvlakvergaderings met geregtelike amptenare, en interaksies by nasionale geleenthede as…
27 Aug 10AM 1 min

FNB Eagles gereed vir FNB T20 driehoekige reeks

Krieket Namibië het sy span aangekondig vir die FNB T20 driehoekige reeks teen Suid-Afrika en Zimbabwe wat môre in Windhoek afskop. Dit word gevolg deur drie eendagwedstryde tussen die FNB Eagles en Suid-Afrika se Proteas. Kosmos 94.1 Nuus het met Krieket Namibië se president, Rudie van Vuuren, gepraat wat sê…
27 Aug 10AM 1 min

El Niño-seetemperature word dalk hoogste ooit

Die daaglikse see-oppervlaktemperature oor die Suidelike Ossilasie-indeks is in die kritieke Niño 3,4-gebied en is tans 'n verstommende 2,6°C bo die 30-jaar gemiddelde. Onafhanklike weervoorspeller Johan van den Berg sê hierdie see-oppervlaktemperature is op pad om moontlik die sterkste in die aangetekende geskiedenis van El Niño te word. Hy het…
27 Aug 10AM 1 min