
Cosatu het kommer oor 600 NVG-vakatures
Loading player...
Die vakbondfederasie Cosatu is bekommerd oor berigte van 'n tekort aan aanklaers by die Nasionale Vervolgingsgesag. Die NVG het winsgewende vroeë aftree-ooreenkomste met senior aanklaers aangegaan, wat gelei het tot die vertrek van minstens 47 ervare vervolgers einde April. Matthew Parks van Cosatu sê die geraamde vakaturekoers van tot 600 is egter meer kommerwekkend terwyl die samelewing sukkel met onaanvaarbare vlakke van misdaad en korrupsie:

