
Erkenning van ervaring as kwalifikasie verwelkom - Tucna
Loading player...
Namibiërs wat hul vaardighede deur jare se werkservaring eerder as formele opleiding opgedoen het, kan binnekort amptelike erkenning ontvang kragtens 'n nuwe beleid wat deur die Namibiese Kwalifikasie-owerheid voorgestel is. Kosmos 94.1 Nuus het met die sekretaris-generaal van die Trade Union Congress of Namibia, Mahongora Kavihuha, gepraat, wat sê dit was lankal nodig en is 'n belangrike stap in die rigting van die erkenning van waardevolle vaardighede en ervaring sonder die behoefte aan formele sertifikate.

