#OntbytMetDoepieEnNina - Wat Is In Jou Kosblik? - 30 Junie

Loading player...
Doepie en Nina is vir die afgelope 5 jaar ‘n span op lug en is bitter opgewonde om hulle tande te slyp in Ontbyt-radio.
Doepie en Nina se sterk… (en minder sterk) punte, vul mekaar aan en hulle verskillende belangstellings maak dat hulle enige onderwerp kan aanpak van geloof tot stories oor menslike belange, finansies, politiek tot plaaslike en internasionale sterre. Hul passie vir radio en hul luisteraars is wat hulle dryf om interessante inhoud te skep en dag na dag luisteraars met relevante nuus en inhoud ingelig te hou en ook ‘n stem te gee aan die wat stemloos is.
Elke oggend saam met Doepie en Nina is energiek, opwindend, insiggewend en ‘n emotional rollercoaster, want hulle lag soms tot hulle huil, of vertel ander se stories met ‘n traan…
Vergeet wat jy weet van tradisionele oggend radio en maak reg vir ONTBYT saam met Doepie en Nina.

Nina is avontuurlustig, mal daaroor om die wêreld vol te reis en is passievol oor haar familie en vriende. Sy bring die meeste hart saam na elke uur op lug. Vir stories en geselskap wat maak dat jy uit jou maag wil lag, spandeer jou middae saam Nina op die #GROOTtrek.
30 Jun Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

#OntbytMetDoepieEnNina - Mario Cesare

Ons gesels vanoggend met Mario Cesare oor sy nuwe boek, Tracks in the Dust: A Game Ranger's Journey, wat sy mees persoonlike boek tot dusver is. Dit is die verhaal van 'n lewe wat in die bosveld gevorm is, van teen-stroperoperasies en reddingsaksies vir gewonde diere, tot die diep bande…
14 Jul 17 min

#OntbytMetDoepieEnNina - Chris Burger

Ons gesels met Wildboer van die jaar 2025, Chris Burger oor jag in Suid-Afrika, die verskil tussen binne- en buitelandse jagters en hoe belangrik veiligheid is.
9 Jul 13 min