On air

GROOTfm 90.5

Loading player...
GROOTfm 90.5 is op ‘n missie om Suid-Afrika en sy mense te inspireer en te impakteer met “vermaak wat verskil maak” anders kan ons die lekker liedjies en grootste treffers van alle tye maar op ‘n CD in die kar luister en die nuus van die dag op die internet lees! Ons vier en geniet alles wat goed en reg is, maar aanvaar ook die verantwoordelikheid vir die dinge wat ons nog wil sien verander! Ons kleur die klankgolwe in met hoop en woorde van lewe, maar lééf ook GROOT in die klein en die onbenullige om ‘n blywende voetspoor in ons gemeenskap te laat.

Luister na ons op 90.5fm in Pretoria of op DStv oudiokanaal 820 of laai gerus ons app af om enige plek in die wêreld na ons te luister.

Recent podcast episodes

#GROOTtrauma - 22 Januarie

Dr Andrè Hattingh gesels oor hul projek, Ride 4 a child, Jaco Kleynhans, Hoof van Solidariteit se Internasionale Betrekking gesels oor wat die ontrek van Amerika uit die WGO beteken vir Afrika. Dr Jaco van Niekerk gesels oor sie uitbreek van diphtheriae en wat dit is.
22 Jan 35 min

#KomOnsPraatDaaroor - 22 Januarie

Kom Ons Praat Daaroor se 3 aanbieders, Annelie Bouwer, Charonike Nel en Tanya de Vente-Bijker, het uiteenlopende persoonlikhede en opinies, soos hulle oor nuusgebeure, snaakshede, hartstories en stories wat jou warm onder die kraag maak, gesels.
22 Jan 44 min

#DieGrootTrek - Dag in die lewe van 'n Vermaaklikheids agent

Lisa Modisane is 'n talent agent wat baie bekende gesigte in die industrie verteenwoordig. Sy is ook toevallig Nina se agent en vertel ons vandag hoe sy in die bedryf beland het en ook wat jy nodig het as dit klink na die perfekte beroep vir jou!
20 Jan 34 min

#DieGROOTBrekfis Errol Musk

Pa van Elon Musk, die wereld se rykste man, Errol Musk, het op #DieGROOTBrekfis met Ruben en Charonike gesels oor Elon se grootwordjare, Elon se betrokkenheid by VSA politiek en of ons ooit sal sien dat Elon sy besighede sal begin uitbrei na SA. Luister gerus weer hier.
22 Jan 32 min