GROOTfm 90.5 Ontbyt met Doepie en Nina

Ontbyt met Doepie en Nina

Doepie en Nina is vir die afgelope 5 jaar ‘n span op lug en is bitter opgewonde om hulle tande te slyp in Ontbyt-radio.
Doepie en Nina se sterk… (en minder sterk) punte, vul mekaar aan en hulle verskillende belangstellings maak dat hulle enige onderwerp kan aanpak van geloof tot stories oor menslike belange, finansies, politiek tot plaaslike en internasionale sterre. Hul passie vir radio en hul luisteraars is wat hulle dryf om interessante inhoud te skep en dag na dag luisteraars met relevante nuus en inhoud ingelig te hou en ook ‘n stem te gee aan die wat stemloos is.
Elke oggend saam met Doepie en Nina is energiek, opwindend, insiggewend en ‘n emotional rollercoaster, want hulle lag soms tot hulle huil, of vertel ander se stories met ‘n traan…
Vergeet wat jy weet van tradisionele oggend radio en maak reg vir ONTBYT saam met Doepie en Nina.

Nina is avontuurlustig, mal daaroor om die wêreld vol te reis en is passievol oor haar familie en vriende. Sy bring die meeste hart saam na elke uur op lug. Vir stories en geselskap wat maak dat jy uit jou maag wil lag, spandeer jou middae saam Nina op die #GROOTtrek.
Weekly Afrikaans South Africa News
930 Episodes
1 – 20

#OntbytMetDoepieEnNina - Veiligheid vir vrouens

Carla Prinsloo van The Edge Training academy het vir ons kom vertel hoekom vrouens maklike teikens is vir ontvoerders asook vir Nina 'n paar praktiese wenke gegee oor hoe om haarself te verdedig.
5 Oct 16 min

#OntbytMetDoepieEnNina - Liezel van Intiem

Liezel het gesels met Doepie en Charonike oor "Somer is Op Pad: 5 Maniere Om Lekker Saam te Leef" en deel ook praktiese wenke van wat jy kan doen om dinge in jou huwelik weer lekker te maak.
29 Sep 14 min

#OntbytMetDoepieEnNina - Steven Kitshoff oor sy nuwe boek

Steven Kitshoff, die formidabele voormalige Springbok-stut, word op en van die veld af hoog geag vir sy dissipline en vasberadenheid – asook vir sy nederigheid, eerlikheid en hartlikheid. Nou neem hy ons verder as die strawwe skrums en Wêreldbeker-trofeë om terug te blik op 'n rugbyleeftyd wat gekenmerk word deur…
28 Sep 14 min

#OntbytMetDoepieEnNina - Jagboek (Laaste Week)

Dis die laaste week om in te skryf vir die groot Jagboek Ultimate Hunt kompetisie. Gerhard en Carlo en ons meer kom vertel oor die APP en ook wat nuwe intekenare kan verwag in die toekoms van hulle diens
21 Sep 15 min

#OntbytMetDoepieEnNina - Brendan Peyper "ou Dae"

Brendan het kom kuier oor sy nuwe enkelsnit "Ou Dae". Dis 'n kyk terug na eenvoudiger tye en roep herinneringe op van alles van Mix-It chats, laatnag Coco Pops en DVD's voor die kaggel, tot eerste soene, garage bands en sorgvrye avonture.
18 Sep 14 min

#OntbytMetDoepieEnNina - Johan Botha van Solidatiteit

Die Gautengse Onderwysdepartement het volgens Solidariteit erken dat hy nie meer sy statutêr verpligte subsidies aan skole kan betaal nie. Solidariteit en die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) het daarom Woensdag, 16 September 2026, die parlement gevra om die departement onder administrasie te plaas. Ons gesels met Johan Botha om meer uit…
17 Sep 8 min
1 – 20