GROOTfm 90.5 Die Groot Trek

Die Groot Trek

Doepie hou van adrenalien, nuwe uitdagings en om altyd die gek te skeer. Hy is die tipe ou wat die grap in enige gesprek sal raaksien en uitwys maar kan self baie opgewerk raak oor situasies wat mense nie altyd wil aanspreek nie. Hy het tog ‘n sagte hart en sagte plek vir mense. Daar is nooit ‘n ‘dull moment’ saam met Doepie nie en mens is nooit regtig seker wat volgende gaan gebeur nie. Dit waarborg egter dat die #GrootTrek ‘n program is wat jou op die punt van jou stoel gaan hou vir ‘n volle drie ure.

Nina is avontuurlustig, mal daaroor om die wêreld vol te reis en is passievol oor haar familie en vriende. Sy bring die meeste hart saam na elke uur op lug. Vir stories en geselskap wat maak dat jy uit jou maag wil lag, spandeer jou middae saam Nina op die #GROOTtrek.
Weekly Afrikaans South Africa News
424 Episodes
1 – 20

#DieGrootTrek - Michael Naranjo

As jy Doepie en Nina se ouderdom is sal jy vir Michael Naranjo onthou as die hoofsanger vir hulle rockband genaam One Day Remains. Michael het kom inloer om sy storie te deel en ook hoe sy lewe verander het na 'n traumatiese insident. Ons vind ook meer uit oor…
3 Oct 34 min

#DieGrootTrek - Appel kuier en Doep en Niens het n verrassing!

Een van die Top kunstenaars en liedjie skrywers in SA, Appel, Kom kuier op die groot trek vandag. Het jy geweet jou gunsteling afrikaanse liedjie is dalk deur hom geskryf? Doepie en Nina toets sy kennis oor sy eie liedjies deur met hom "Skiet met 'n titel" te speel.
30 Sep 32 min

#DieGrootTrek - Liezel Van Intiem

Liezel het weer kom kuier met nog 'n "Liewe Liezel" Luisteraars vraag. Sy het ook vir ons die terugvoer van 2 beraders gebring en ons ontleed die vraag in bietjie meer diepte.
26 Sep 33 min

#DieGrootTrek - Ivan Roux met sy nuwe enkelsnit Morsig

Ivan het kom kuier by Doepie en Nina. Ons gesels bietjie oor sy country song wat baie goed doen internasionaal en ook wat Suid-Afrikaners weet van country en speel ook vir die heel eerste keer op SA radio sy nuwe enkelsnit "Morsig"
26 Sep 22 min

#DieGrootTrek - Doepie vind uit oor sy erfenis

Met Erfenisdag wat more gebeur het Doepie gaan kuier by die ErfenisSentrum by die Voortrekker Monument. Die argiewe het duisende boeke oor verskeie familiename en stambome en met die hulp van die span daar het Doepie gaan kyk of hy kan uitvind waar en hy en van die luisteraars vandaan…
23 Sep 27 min

#DieGrootTrek - BloedBroers deur Deon Lamprecht

Deon Lamprecht is die skrywer van die boek BloedBroers en hy kom gesels vandag met ons hieroor. Onder ander die gebeure van 10 Junie 1980 gedurende ’n eindelose dag van bloedige gevegte onder die Angolese son toe 13 lede van die Suid-Afrikaanse Weermag dood en etlike beseer was na 61…
17 Sep 38 min

#DieGrootTrek - Dag in die lewe van Eiendomsreg Prokereur

Bert Smith lewer al meer as twee dekades uitstaande eiendomsregsdienste. Hulle hanteer 'n uitgebreide kliëntebasis regoor Suid-Afrika en werk saam met eiendomsagente, ontwikkelaars, individue en groot banke. Hulle spesialiseer in residensiële en kommersiële transaksies, insluitend dorpsregisters, deeltitelskemas, registrasie van serwitute, verbandregistrasie, onderverdelings en meer. Bert gesels met ons oor sy…
16 Sep 28 min

#DieGrootTrek - Dag in die lewe van 'n Wildlife Fotograaf

Jackie Gouverneur was al reg oor die wereld en het van die mooiste fotos geneem van wilde diere. Ons vind meer uit oor haar beroep en hoe sy op dit afgekom het. Ook van haar mees gunsteling oomblikke en interaksies met die diere wat sy afneem.
9 Sep 31 min

#DieGrootTrek - Lente Lywe saam Angelique

NUWE SEISOEN, NUWE JY! Angelique Van Der Linde van JVL het kom kuier om te gesels oor jou lyf reg kry vir somer! Jy hoef net tyd te maak en by die huis te begin en dit hoef jou nie geld te kos nie, so waarvoor wag jy?
5 Sep 31 min

#DieGrootTrek - Jannie Putter hernu jou gees!

NUWE SEISOEN, NUWE JY! Doepie en Nina gesels met Jannie putter om nuwe lewe in ons geesteslewe in te blaas en uit te vind hoe ons die jaar kan afsluit opo n hoogtepunt vol positiwiteit.
3 Sep 34 min

#DieGrootTrek - Dag in die lewe van (Kuns en Vermaak Joernalis)

AJ Opperman is 'n Kuns en Vermaak joernalis by Netwerk24. Dit klink natuurlik soos enige jongmens se droomberoep maar tog is daar uitdagings. AJ vertel ons hoe hy in die beroep beland het, wat van sy hoogtepunte is en wat iemand moet ingedagte hou sou hulle dieselfde beroep wil beoefen…
26 Aug 25 min

#DieGrootTrek - Grandi Theunissen en Sean Bolhuis

MMC Vir gemeenskap veiligheid in Tshwane, Grandi Theunissen en Sean Bolhuis van die Metro Polisie kom kuier en gesels oor die suksesse wat hulle die afgelope paar maande gehad het met die skud van voertuie en ook die projekte wat hulle mee besig is in Pretoria om ons stad veiliger…
22 Aug 36 min

#DieGrootTrek - Liezel Van Intiem (Augustus)

Eenkeer 'n maand kom kuier Liezel van Intiem by ons in die ateljee waar ons na briewe kyk gestuur deur luisteraars vir ons "Liewe Liezel" segment. Sy kry dan die nodige terugvoer by baie bekwame beraders en ons bespreek die onderwerp. Die maand se vraag is van 'n dame wat…
20 Aug 31 min

#DieGrootTrek - Battle of the Bands Wenners (Sonder Onderbroeke)

Uit honderde inskrywings vir ons Battle of the Bands kompetisie die jaar, het ons beoordeelaars hulle vereffen na Top 10 en toe Top 5. Net een van die bands kon koning kraai en dit het alles neergekom op hulle vertoning by Loftus op die finale aand. Sonder Onderbroeke is as…
19 Aug 29 min

#DieGrootTrek - Nicholas Louw oor 21 jaar in musiek

21 jaar in die musiekindustrie en een van sy grootste treffers "Maie Hee" word ook 20 jaar oud die jaar. Nicholas kom gesels met ons oor sy jongmens lewe en ook hoe die Here sy lewe verander het en waarom hy nou meer fokus op musiek wat sy eie kinders…
15 Aug 32 min

#DieGrootTrek - Olimpiese atleet Zeney Geldenhuys

Nog 'n ongelooflike vrou vir vrouedag, en sy verteenwoordig huidiglik Suid-Afrika by die Olimpiese Spele in Frankryk, is Zeney Geldenhuys. Zeney is 'n atleet uit Pretoria en neem deel in onderandere die 400m hekkies. Nina gesels met haar oor vrouwees en wat haar dryf om die beste te wees.
8 Aug 14 min

#DieGrootTrek - Anneen Henze

In die gees van Vrouedag het Nina en Sonet gesels met Anneen Henze, 'n mamma en entrepreneur wat 'n droom gehad het om 'n webtuiste te skep wat niewinsgewende organisasies geleentheid gee om op een platform sigbaar te wees.
8 Aug 10 min

#DieGrootTrek - Cilliers Brink Julie Kuier

Die Burgemeester van Tshwane Cilliers Brink het weer sy maandelikse inloer op die GrootTrek gehad. Met soveel vrae na die Regering van Nasional Eenheid gestig is wil ons graag weet wat dit beteken vir Pretoria en ook Cilliers se toekoms as Burgemeester.
26 Jul 34 min
1 – 20