
Madlanga-kommissie krap kop ná Khan-skietvoorval
Loading player...
Die Madlanga-kommissie gaan die senior misdaadintelligensie-offisier Feroz Khan se regsverteenwoordigers raadpleeg voor hulle besluit oor die pad vorentoe, nadat hy Sondagaand 'n skietvoorval oorleef het. Woordvoerder Jeremy Michaels sê Khan sal nie soos geskeduleer verskyn nie, terwyl die kommissie die uitwerking daarvan op sy program beoordeel. Hy beklemtoon die kommissie sal nie oor die voorval bespiegel nie, maar wel met belanghebbendes skakel:

