
Lae uraanprys hopelik van korte duur
Loading player...
Uraantermynkontrakte in die VSA het in Junie op ongeveer 85 Amerikaanse dollar gestaan en sodoende die noue band gehandhaaf waarin hulle sedert vroeg in April beweeg – nadat die skerp styging na bo 100 dollar van vroeër vanjaar uitgewis is. Die afkoeling ná die spekulatiewe prysstyging het saamgeval met beperkte aankope op die kontantmark deur nutsmaatskappye wat eerder op langtermynkontrakte staatgemaak sedert die oorlog tussen Rusland en Oekraïne onsekerheid oor korttermynhandel laat toeneem het. Die nuwe uitvoerende hoof van die Kamer van Mynwese, Fabian Shaanika, sê die huidige daling in uraanpryse is net in die korttermyn.

