
Hardnekkige probleme bly pootjie hervestigingsboere
Loading player...
Die bekendstelling van Namibië se Hersiene Nasionale Hervestigingsbeleid word beskou as 'n belangrike mylpaal in die land se grondhervormingsprogram. Maar terwyl die regering sê die beleid sal historiese ongelykhede aanspreek en volhoubare landbou bevorder, voer kritici aan dat die werklike uitdaging begin nadat begunstigdes hervestig is. Landboukenner Wallie Roux spreek kommer uit oor die gebrek aan landbou-opleiding, finansiële ondersteuning en langtermynbystand wat nodig is om die sukses van hervestigingsplase te verseker.

