
Versteekte plofstof in bus by Beitbrug onderskep
Loading player...
Die Grensbestuursowerheid het op die Beitbrug-grenspos in Musina, Limpopo, beslag gelê op plofstofkabels, versteek in 'n sak rys, op 'n Interlink-bus vanaf Malawi. Die plofstof, ter waarde van ongeveer 100 000 rand, is tydens 'n roetine-deursoeking ontdek. Die woordvoerder, Mmemme Mogotsi, sê die beslaglegging weerspieël die grenswagte se waaksaamheid en die owerheid se toewyding tot die bekamping van georganiseerde misdaad:

