Air Namibia-werkers wend hulle aan Hooggeregshof

Loading player...
Voormalige Air Namibia-werkers het in Februarie 'n versoek aan die Hooggeregshof gerig vir 'n bespoedigde verhoor in 'n geskil oor onbetaalde skeidingsvoordele wat reeds byna vyf jaar uitstaande is ná die lugredery se likwidasie. Die saak sal vroeg in Julie voorkom. Renier Bougaard, die woordvoerder van die groep, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
29 Jun 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Kankervereniging vier 30 jaar

Die Kankervereniging van Namibië vier 30 jaar van diens met 'n spesiale fondsinsamelingsontbyt in Windhoek eerskomende Saterdag. Die bekende Suid-Afrikaanse motiveringspreker, Lanie Saam, sal die geleentheid by die FNB Namibië Krieketveldsaal lei, waar gaste 'n inspirerende boodskap van hoop en veerkragtigheid kan verwag. Die vereniging se uitvoerende hoof, Rolf Hansen,…
29 Jun 6AM 1 min

BKS-heffing is terug na die tekenbord

Meer inligting is bekend oor die BKS-heffing in oorweging. Die NLU het verlede week produsente gevra om dringend insette te lewer, omdat die Lewendehawe en Lewendehawe-produkteraad Donderdag, 25 Junie die heffing in oorweging sou neem. Die voorgestelde heffing stem ooreen met die huidige algemene heffing van 0,7 persent, maar dit…
29 Jun 6AM 1 min

Reaksie op NHE wat twee huise lewer

Behuisingsvoorsiening bly steeds 'n uitdaging regoor die land en in Windhoek het die Nasionale Behuisingsonderneming slegs daarin geslaag om 'n skamele twee wooneenhede in die 2025/26-boekjaar in die Khomas-streek te voltooi ter waarde van 1 miljoen Namibiese dollar. Vir die 2026/27-boekjaar word verwag dat die onderneming 73 wooneenhede ter waarde…
29 Jun 6AM 1 min

Toenemende psigose on dwelmgebruikers wek kommer

Die Gautengse Gesondheidsdepartement het kommer uitgespreek oor die toenemende aantal jongmense wat 'n psigose ontwikkel wat verband hou met dwelm- en alkoholmisbruik. Ter viering van die Suid-Afrikaanse Nasionale Raad oor Alkoholisme se Dwelmbewustheidsweek, sê die departement se woordvoerder, Steve Mabona, dat gesondheidsorgfasiliteite meer pasiënte met 'n substansgebruikpsigose behandel. Hy het…
29 Jun 4AM 1 min

Betogings: SAPD word net ontplooi om orde te handhaaf

Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, sê beamptes sal nie môre ontplooi word om wettige betogings te stop nie, maar om te verseker dat dit veilig en ordelik plaasvind. Dit kom terwyl organisasies van plan is om teen-immigrasie-protesoptogte regoor die land te hou. Cachalia het gister in Durban SAPD-lede…
29 Jun 4AM 1 min