
Nigerië se ambassadeur in SA sê oor mgirante, misdaad
Loading player...
Die Nigeriese ambassadeur in Suid-Afrika, Alexander Ajayi, het die land versoek om nie migrantgemeenskappe die skuld vir misdaad te gee nie. Tydens 'n bespreking oor Migrasie en Maatskaplike Samehorigheid in die Parlement het Ajayi gesê misdadigers moet individueel vervolg moet word, nie op grond van hul nasionaliteit nie. Hy het gewaarsku om Nigeriërs verantwoordelik te hou vir misdaad, sal net diskriminasie, vyandigheid en xenofobiese geweld aanvuur. Ajayi sê migrasiedebatte moet maatskaplike samehorigheid en die erkenning van migrante se positiewe bydraes tot die ekonomie bevorder:

