
Teenmigrante-betogings: Daar's nie rede tot kommer nie
Loading player...
Suid-Afrika is op hul hoede vir môre se beplande landswye betogings teen onwettige migrante, met kommer dat dit die land se beleggingsklimaat kan benadeel deur persepsies van politieke onstabiliteit aan te wakker, voorsieningskettings te ontwrig en die risiko van eiendomskade te verhoog. Talle Namibiese vervoerders het reeds al hul vragmotors uit die land onttrek. Die Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Roodt sê egter aan Kosmos 94.1 Nuus dat daar min rede tot kommer is, en voeg by dat die owerhede goed voorbereid blyk te wees.

