
Kritiek teenoor pleitooreenkoms met Matlala
Loading player...
Die Activists and Citizens Forum het die pleitooreenkoms tussen die Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie en die sakeman Vusimuzi "Cat" Matlala gekritiseer en sê dit toon 'n gebrek aan deursigtigheid. Matlala en die staat het ooreengekom tot gevangenisstraf van agt jaar op aanklagte van korrupsie, bedrog en geldwassery. Die woordvoerder, Dennis Bloem, sê die ooreenkoms kan die publiek se vertroue ondermyn. Hy sê dit kan ook voortgesette korrupsie-ondersoeke teen senior polisiebeamptes beïnvloed:

