
Vrystaat ent meer as 1 miljoen bees teen BKS in
Loading player...
Die Vrystaatse LUR vir Landbou, Landelike Ontwikkeling en Omgewingsake, Elsabé Rockman, sê die provinsie het die mylpaal van 'n miljoen diere verbygesteek wat teen bek-en-klouseer ingeënt is. Dis deel van Suid-Afrika se breër poging om uitbrekings te beheer en die veebedryf te beskerm deur die nasionale verspreiding van entstof teen die siekte. Rockman het aan die SABC gesê voortgesette inentings en streng biosekerheids-maatreëls is van kritieke belang om verdere verspreiding te verhoed:

