
Nog drie gearresteer na wrede marteling van Noordwes-boer
Loading player...
Die polisie in Noordwes het nog drie verdagtes aangekeer in verband met verlede Woensdag se gewelddadige plaasroof en poging tot moord in Syferfontein, Ventersdorp. Dit bring die totale aantal verdagtes op vyf te staan. Die 50-jarige Donovan Marx is op sy plaas geskiet en wreed aangerand, waarna die verdagtes met vuurwapens en sy bakkie gevlug het. Polisiewoordvoerder Adele Myburgh sê die polisie het tydens die arrestasie van die drie verdagtes beslag gelê op vier vuurwapens, waarvan twee met die Ventersdorp-voorval verbind word, asook kledingstukke en juweliersware:

