Nege mense is dood nadat ’n Learjet wat uit Austin, Texas, na die Bahamas onderweg was, gister in ’n woonbuurt in Palm Beach, Florida, neergestort het. ’n Video toon hoe die vliegtuig skerp afduik en naby ’n hoofpad in ’n reuse-vuurbal ontplof. Minstens 600 inwoners is uit die gebied ontruim…
Die polisie in Noordwes het nog drie verdagtes aangekeer in verband met verlede Woensdag se gewelddadige plaasroof en poging tot moord in Syferfontein, Ventersdorp. Dit bring die totale aantal verdagtes op vyf te staan. Die 50-jarige Donovan Marx is op sy plaas geskiet en wreed aangerand, waarna die verdagtes met…
Die 20-jarige Kimi Antonelli het in sy tweede seisoen sy eerste Wêreld-bestuurderskampioenskap opgeraap en die jongste Formule Een-kampioen in die geskiedenis geword. Die Mercedes-renjaer het derde klaargemaak by die Mexiko-stad Grand Prix om die titel te buit met vier wedrenne wat hierdie seisoen oorbly. Max Verstappen van Red Bull het…
Die SA Verkiesingskommissie herbevestig hy is gereed vir die plaaslikeregeringsverkiesing, met meer as 2,6-miljoen kiesers wat vandag en môre hul spesiale stemme sal gebruik. Altesaam 80-persent van die goedgekeurde huisbesoeke is vir kiesers ouer as 60, terwyl vroue verantwoordelik is vir 74-persent van die goedgekeurde spesiale stemme. Die OVK se…
Die Gautengse Wetgewer se portefeuljekomitee oor Gemeenskapsveiligheid versoek alle politieke partye, hul ondersteuners en lede van die publiek om vrede, verdraagsaamheid en respek vir demokratiese beginsels voorop te stel tydens hierdie week se plaaslikeregeringsverkiesing. Die voorsitter, Bandile Masuku, sê die polisie moet meer sigbaar wees by hoërisiko-stemstasies sowel as in…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.