
Weste sal moet sak skud oor slawehandel: ontleder
Loading player...
Reaksie word ontvang sedert president Netumbo Nandi-Ndaitwah se ondertekening van 'n 19-punt-raamwerk vir formele verskonings, finansiële vergoeding en skuldverligting vanaf lande wat voordeel getrek het uit die trans-Atlantiese slawehandel. Die raamwerk wat in Accra, Ghana onderteken is, vra vir die stigting van 'n Global Reparations Fund, omvattende kansellasie van skuld vir geraakte nasies, en die repatriasie van geplunderde kulturele eiendom. Nandi-Ndaitwah het tydens die beraad gepraat en ook melding van die volksmoord gemaak. Kosmos 94.1 Nuus het met politieke ontleder professor Andre Duvenhage.

