
Vierpunt-verbeteringsplan vir Kaapstad-hawe
Loading player...
Die Wes-Kaapse LUR vir Landbou, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, Ivan Meyer, het 'n vierpunt-noodreaksieplan uiteengesit om doeltreffendheid op die Kaapstadse hawe te verbeter. Dit is aangewys as die swakste onder 400 wêreldhawens op die Wêreldbank se houerhawe-prestasie-aanwyser vir 2025. Die plan sluit maatreëls in om opeenhoping te bestuur en bedryfs-ontwrigtings te beperk. Meyer sê die hawe het nogtans 'n verbetering van 33-persent in skeeps-omkeertye aangemeld, wat vroeë tekens van vordering aandui:

