Australië se kaptein, Pat Cummins, erken veranderinge is nodig is nadat hulle die toetsreeks teen Suid-Afrika 2-1 verloor en hul voorste plek op die ranglys afgestaan het. Australië het op die laaste dag van die beslissende toets in Kaapstad 'n wenteiken van 288 gejaag, maar is uitgeboul vir net 111…
Die Suid Afrikaanse Nasionale Gesamentlike Operasionele en Intelligensiestruktuur sê hy is gereed om ʼn vrye, regverdige en veilige plaaslikeregeringsverkiesing in die land te verseker. Spesiale stemme word vandag en môre uitgebring en die hoof-verkiesingsdag is Woensdag. NATJOINTS se voorsitter, Tebello Mosikili, sê veiligheid by alle stemlokale is nagegaan, en intelligensie-geleide…
Die Stad Kaapstad sê minibustaxi-dienste het normale bedrywighede hervat na beraadslaging met die leierskap van die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxiraad. Geskille tussen die taxiverenigings CATA en CODETA, vermoedelik oor ʼn roete wat Delft, Langa en Epping verbind, het verlede week ongeveer 12 lewens geëis. Die burgemeesterskomiteelid vir Stedelike Mobiliteit, Rob Quintas,…
Die wêreldwye vraag na uraan neem toe, wat nuwe geleenthede vir Namibië se mynbousektor kan skep. Ekonoom van die Kamer van Mynwese, Lauren Davidson, verduidelik hoe hoër uraanpryse en beplande nuwe myne die bedryf se vooruitsigte kan versterk. Vir meer besonderhede oor die storie en wat nog vir die land…
Nege mense is dood nadat ’n Learjet wat uit Austin, Texas, na die Bahamas onderweg was, gister in ’n woonbuurt in Palm Beach, Florida, neergestort het. ’n Video toon hoe die vliegtuig skerp afduik en naby ’n hoofpad in ’n reuse-vuurbal ontplof. Minstens 600 inwoners is uit die gebied ontruim…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.