Cran verwerp Starlink se lisensie-heroorweging versoek

Loading player...
Die Kommunikasie-reguleringsowerheid van Namibië, Cran, het amptelik Starlink Internet Services Namibia se versoek om heroorweging van sy lisensie-aansoek om in die land besigheid te doen, verwerp. Cran se uitvoerende hoof, Emilia Nghikembua, het vanmiddag gesê dat die versoek ingedien is nadat die wettige sperdatum verstryk het. Starlink het sy aansoek om heroorweging op 8 Junie ingedien.
22 Jun 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Krieket: Cummins oorweeg veranderinge ná Proteas-nederlaag

Australië se kaptein, Pat Cummins, erken veranderinge is nodig is nadat hulle die toetsreeks teen Suid-Afrika 2-1 verloor en hul voorste plek op die ranglys afgestaan het. Australië het op die laaste dag van die beslissende toets in Kaapstad 'n wenteiken van 288 gejaag, maar is uitgeboul vir net 111…
2 Nov 4AM 1 min

NATJOINTS: Veiligheidsmaatreëls landwyd verskerp in aanloop tot verkiesing

Die Suid Afrikaanse Nasionale Gesamentlike Operasionele en Intelligensiestruktuur sê hy is gereed om ʼn vrye, regverdige en veilige plaaslikeregeringsverkiesing in die land te verseker. Spesiale stemme word vandag en môre uitgebring en die hoof-verkiesingsdag is Woensdag. NATJOINTS se voorsitter, Tebello Mosikili, sê veiligheid by alle stemlokale is nagegaan, en intelligensie-geleide…
2 Nov 4AM 1 min

Minibustaxi-dienste in Kaapstad hervat bedrywighede met polisie se ondersteuning

Die Stad Kaapstad sê minibustaxi-dienste het normale bedrywighede hervat na beraadslaging met die leierskap van die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxiraad. Geskille tussen die taxiverenigings CATA en CODETA, vermoedelik oor ʼn roete wat Delft, Langa en Epping verbind, het verlede week ongeveer 12 lewens geëis. Die burgemeesterskomiteelid vir Stedelike Mobiliteit, Rob Quintas,…
2 Nov 3AM 1 min

Stygende uraanpryse bied Namibië nuwe geleenthede

Die wêreldwye vraag na uraan neem toe, wat nuwe geleenthede vir Namibië se mynbousektor kan skep. Ekonoom van die Kamer van Mynwese, Lauren Davidson, verduidelik hoe hoër uraanpryse en beplande nuwe myne die bedryf se vooruitsigte kan versterk. Vir meer besonderhede oor die storie en wat nog vir die land…
2 Nov 3AM 1 min

Nege dood nadat Learjet op pad na Bahamas in Palm Beach neerstort

Nege mense is dood nadat ’n Learjet wat uit Austin, Texas, na die Bahamas onderweg was, gister in ’n woonbuurt in Palm Beach, Florida, neergestort het. ’n Video toon hoe die vliegtuig skerp afduik en naby ’n hoofpad in ’n reuse-vuurbal ontplof. Minstens 600 inwoners is uit die gebied ontruim…
2 Nov 2AM 1 min