
Uiters belangrike lesing vanmiddag by Unam Suidelike Kampus
Loading player...
Unam se Skool vir Onderwys op die Suidelike Kampus bied vanmiddag om half-drie 'n openbare lesing aan wat ondersoek hoe digitale innovasie vroeë leer hervorm. Die lesing, "Coding, Robotics and Gamification in Early Childhood Education", sal gelewer word deur dr. Kayla Willemse, dosent in Vroeë Kinderonderwys aan die Universiteit van Pretoria. Unam-woordvoerder Simon Namesho het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

