Poston vat die Gedenktoernooi

Loading player...
Die Amerikaner J.T. Poston het sy landgenoot, Ryan Gerard, in ʼn uitspeelronde verslaan om die Gedenktoernooi in Ohio te wen. Dis die grootste oorwinning van sy loopbaan. Hy het op die tweede uitspeelputjie gewen nadat Gerard met ʼn bepalende sethou misluk het. Nog ʼn Amerikaner, Wyndham Clark, is een hou agter Poston en Gerard in die derde plek. Poston, wat sy plek by volgende maand se Ope Kampioenskap verseker het, erken hy het oor die eerste 13 putjies van Sondag se laaste ronde nie positief gevoel oor sy gholf nie:
8 Jun 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SA Interministeriële komitee doen beroep op vreedsame munisipale verkiesing

Die Interministeriële Komitee oor Migrasie en verskeie burgerlike organisasies vra kiesers om toe te sien die munisipale verkiesing verloop vreedsaam en ordelik. Dit volg ná 'n vergadering met gemeenskapsgroepe, insluitend Hlangana Mzansi en Bhinca Nation, gelei deur die mediapersoonlikheid Ngizwe Mchunu. Misdaad, onwettige migrasie, onwettige vuurwapens en leemtes in wetstoepassing…
2 Nov 10PM 1 min

Rob Youth Foundation bied N$100 000 se vloedhulp aan Bacopa-huishoudings

Gabriela Jeronimo, uitvoerende direkteur van die Rob Youth Foundation, het die organisasie se belangrikste mylpale vir jeugbemagtiging en hulpverlening vir 2026 uiteengesit. Dit sluit in die verspreiding van matrasse en muskietnette ter waarde van 100 000 Namibiese dollar aan vloedgeteisterde huishoudings in Bacopa-dorp. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
2 Nov 10PM 1 min

SA munisipale verkiesings skop goed af

Die Verkiesingskommissie sê die eerste dag van spesiale stemmery vir Woensdag se munisipale verkiesing het goed verloop, met bykans 99-persent van stempunte wat betyds geopen het. Die OVK sê sake het meestal vlot verloop, hoewel sommige stempunte in Kaapstad vertragings ondervind het. Adjunk-uitvoerende hoof Masego Sheburi het kiesers aangemoedig om…
2 Nov 10AM 1 min

Hou raadslede verantwoordelik, sê Sankwasa

Stedelike en landelike ontwikkelingminister, James Sankwasa, doen ’n beroep op burgers om hul raadslede tot verantwoording te roep indien hulle nie hul verkiesingsbeloftes nakom nie. Tydens die negende kongres van die Vereniging van Streeksrade in Rundu het Sankwasa kommer uitgespreek oor berigte dat sommige raadslede selfvoldaan word nadat hulle verkies…
2 Nov 10AM 1 min