
SA Interministeriële komitee doen beroep op vreedsame munisipale verkiesing
Loading player...
Die Interministeriële Komitee oor Migrasie en verskeie burgerlike organisasies vra kiesers om toe te sien die munisipale verkiesing verloop vreedsaam en ordelik. Dit volg ná 'n vergadering met gemeenskapsgroepe, insluitend Hlangana Mzansi en Bhinca Nation, gelei deur die mediapersoonlikheid Ngizwe Mchunu. Misdaad, onwettige migrasie, onwettige vuurwapens en leemtes in wetstoepassing is bespreek. Die adjunk-regeringswoordvoerder, William Baloyi, sê alle stemgeregtigdes moet kan stem sonder intimidasie of inmenging:

