Kimi vat sy vyfde titel

Loading player...
Die 19-jarige Mercedes-jaer Kimi Antonelli het weereens oorheers by 'n chaotiese Monaco Grand Prix, en sy vyfde agtereenvolgende oorwinning hierdie seisoen behaal. Lewis Hamilton van Ferrari was tweede met Red Bull se Isack Hadjar van RedBull in die laaste plek op die podium. Antonelli is nou 66 punte voor Hamilton in die renjaerskampioenskap, met sy spanmaat George Russell tot derde nadat hy verskeie kere gestraf is en 13de geëindig het. Antonelli sê hy is tevrede met sy motor algehele prestasie die naweek:
8 Jun 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA in Ekurhuleni beloof verklikker-eenheid teen korrupsie

Die DA se burgemeesterskandidaat in die Gautengse metro Ekurhuleni, Khathutshelo Rasilingwane, het beloof sy sal binne haar eerste 100 dae 'n onafhanklike eenheid vir die beskerming van verklikkers stig as sy verkies word. Dit sal amptenare 'n veilige manier bied om ongerymdhede en korrupsie aan te meld sonder vrees vir…
27 Aug 11AM 1 min

NHE oorhandig 82 huise in Swakopmund

Die Nasionale Behuisingsonderneming het vandag deur die Nasionale Informele Nedersettingsopgraderingsprogram 82 voltooide huise aan lae-inkomste begunstigdes in Swakopmund oorhandig. Die onderneming se adjunkvoorsitter, Hasting Tjipueja, sê die program word oor al 14 streke uitgerol:
27 Aug 11AM 1 min

Eiseb wil korrupsie verhoed, nie net bestry

As een van sy eerste amptelike verpligtinge voordat hy formeel op 1 Oktober die leisels van direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie oorneem, het Bryan Eiseb 'n hoflikheidsbesoek aan die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, afgelê. Eiseb het kommer uitgespreek oor die kommissie se onvoldoende begroting, terwyl hy die Speaker…
27 Aug 10AM 1 min