WMO voorspel 80% kans vir El Niño

Loading player...
Die Wêreld-weerkundige Organisasie sê daar is 'n 80-persent kans dat El Niño vanaf hierdie maand tot Augustus sal voorkom, en 'n bykans 90-persent waarskynlikheid dit tot November sal voortduur. Die gereelde opwarming van seeoppervlak-temperature in die Stille Oseaan lei gewoonlik tot uiterste weerstoestande en wisselvallige reënvalpatrone. Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, Antonio Guterres, sê dit beklemtoon die behoefte aan 'n verskuiwing weg van fossielbrandstowwe na hernubare energie:
3 Jun 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA in Ekurhuleni beloof verklikker-eenheid teen korrupsie

Die DA se burgemeesterskandidaat in die Gautengse metro Ekurhuleni, Khathutshelo Rasilingwane, het beloof sy sal binne haar eerste 100 dae 'n onafhanklike eenheid vir die beskerming van verklikkers stig as sy verkies word. Dit sal amptenare 'n veilige manier bied om ongerymdhede en korrupsie aan te meld sonder vrees vir…
27 Aug 11AM 1 min

NHE oorhandig 82 huise in Swakopmund

Die Nasionale Behuisingsonderneming het vandag deur die Nasionale Informele Nedersettingsopgraderingsprogram 82 voltooide huise aan lae-inkomste begunstigdes in Swakopmund oorhandig. Die onderneming se adjunkvoorsitter, Hasting Tjipueja, sê die program word oor al 14 streke uitgerol:
27 Aug 11AM 1 min

Eiseb wil korrupsie verhoed, nie net bestry

As een van sy eerste amptelike verpligtinge voordat hy formeel op 1 Oktober die leisels van direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie oorneem, het Bryan Eiseb 'n hoflikheidsbesoek aan die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, afgelê. Eiseb het kommer uitgespreek oor die kommissie se onvoldoende begroting, terwyl hy die Speaker…
27 Aug 10AM 1 min