
Capricorn Eagles vertrek vir viernasies-reeks in Uganda
Loading player...
Die Capricorn Eagles vertrek na Uganda om van 6 tot 14 November in Kampala aan die viernasies-Victoria-reeks deel te neem. Hulle kom teen Uganda, die VSA en Rwanda te staan. Johan Müller, uitvoerende hoof van Krieket Namibië, sê die harde werk wat die span ingesit het, behoort tydens die toer vrugte af te werp. Hy het vanoggend tydens die span se afskeidsgeleentheid in Windhoek gepraat.

