Iran-ooreenkoms kan nog tyd vat - Rubio

Loading player...
Amerika se minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, sê wanfunksionering in Iran se regime vertraag die proses om ʼn moontlike ooreenkoms te bereik. Voortslepende botsings tussen Israel en Hisbolla dreig om onderhandelings tussen Amerika en Iran te ontspoor. Iran het gister Amerikaanse basisse in die streek en ʼn vaartuig naby die Straat van Hormoes aangeval. Hy sê dit was in reaksie op Amerika se aanvalle op ʼn olietenkskip met Iranse bande en aanvalle op die Qeshm-eiland. Rubio sê onderhandelings oor Iran se kernprogram kan maande duur:
3 Jun 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Capricorn Eagles vertrek vir viernasies-reeks in Uganda

Die Capricorn Eagles vertrek na Uganda om van 6 tot 14 November in Kampala aan die viernasies-Victoria-reeks deel te neem. Hulle kom teen Uganda, die VSA en Rwanda te staan. Johan Müller, uitvoerende hoof van Krieket Namibië, sê die harde werk wat die span ingesit het, behoort tydens die toer…
3 Nov 5AM 1 min

Weer: Hittegolf keer terug, met temperature bo 40 grade in die noordooste

Hoë temperature sal na verwagting na die binneland terugkeer, met die noordooste wat die swaarste onder die hitte sal deurloop. In Katima Mulilo kan temperature 40 grade Celsius oorskry, terwyl die hitte later vandeesweek na die Kavango-streke sowel as die sentrale en noordelike dele sal versprei. Albertina Anderson van die…
3 Nov 5AM 1 min

Learjet 60 het moontlik reeds voor impak opgebreek

Amerika se Nasionale Vervoer-veiligheidsraad sê daar is bewyse dat die vliegtuig wat Sondag in Florida neergestort het, moontlik in die lug al begin opbreek het voor dit neergestort en ontplof het. Nege mense aan boord van die Learjet 60, wat van Austin, Texas, na die Bahamas op pad was, is…
3 Nov 4AM 1 min

Zambiese LP moedig jong Namibiërs aan om hul toekoms te bepaal

Die Zambiese parlementslid Fingani Mbulo het afgevaardigdes by die onlangse Jeug in Politiek-beraad in Windhoek aangemoedig om verantwoordelikheid te neem vir die vorming van hul eie toekoms. Hy sê hoewel jongmense meer as 70 persent van Namibië se bevolking uitmaak, bly hulle onderverteenwoordig in politieke besluitneming.
3 Nov 4AM 1 min