Starmer veroordeel dood van student na hy geboei is, na hy met mes aangeval is

Loading player...
Die Britse polisie word skerp gekritiseer oor die opruiende saak van 'n ‌18-jarige student wat geboei is terwyl hy gelê en sterf het aan steekwonde nadat sy moordenaar valslik 'n rassistiese aanval beweer het. Henry Nowak is verlede Desember dood ná die mesaanval in Southampton deur 'n Sikh, die 23-jarige Vickrum Digwa. Nowak het aan polisiebeamptes gesê hy is gesteek en kan nie asemhaal nie, maar is geboei en is kort daarna dood. Digwa, wat valslik aan die polisie gesê het dat sy tulban afgeruk en sy oog beseer is, is Maandag tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir moord. Die saak het rassespanning opgejaag en die polisie se rassisme-handleiding en optrede word deur die polisie-waghond ondersoek. Britse eerste minister Keir Starmer het so reageer:
2 Jun 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA in Ekurhuleni beloof verklikker-eenheid teen korrupsie

Die DA se burgemeesterskandidaat in die Gautengse metro Ekurhuleni, Khathutshelo Rasilingwane, het beloof sy sal binne haar eerste 100 dae 'n onafhanklike eenheid vir die beskerming van verklikkers stig as sy verkies word. Dit sal amptenare 'n veilige manier bied om ongerymdhede en korrupsie aan te meld sonder vrees vir…
27 Aug 11AM 1 min

NHE oorhandig 82 huise in Swakopmund

Die Nasionale Behuisingsonderneming het vandag deur die Nasionale Informele Nedersettingsopgraderingsprogram 82 voltooide huise aan lae-inkomste begunstigdes in Swakopmund oorhandig. Die onderneming se adjunkvoorsitter, Hasting Tjipueja, sê die program word oor al 14 streke uitgerol:
27 Aug 11AM 1 min

Eiseb wil korrupsie verhoed, nie net bestry

As een van sy eerste amptelike verpligtinge voordat hy formeel op 1 Oktober die leisels van direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie oorneem, het Bryan Eiseb 'n hoflikheidsbesoek aan die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, afgelê. Eiseb het kommer uitgespreek oor die kommissie se onvoldoende begroting, terwyl hy die Speaker…
27 Aug 10AM 1 min