Gesprekke tussen VSA, Iran moet voortgaan - EU

Loading player...
Die Europese Unie sê hy is gereed om by te dra tot ʼn volhoubare en vreedsame oplossing tussen Amerika en Iran. ʼn Voorlopige vredesooreenkoms wat deur Pakistan bemiddel is, word deur die twee lande oorweeg terwyl president Donald Trump van Amerika sê die fokus is op Iran se kern-vermoë. Die EU se verteenwoordiger vir Buitelandse Sake en Veiligheidsbeleid, Kaja Kallas, sê sy sien ʼn geringe diplomatieke moontlikheid om die huidige tydelike skietstilstand te verleng en die Straat van Hormuz te heropen:
2 Jun 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA in Ekurhuleni beloof verklikker-eenheid teen korrupsie

Die DA se burgemeesterskandidaat in die Gautengse metro Ekurhuleni, Khathutshelo Rasilingwane, het beloof sy sal binne haar eerste 100 dae 'n onafhanklike eenheid vir die beskerming van verklikkers stig as sy verkies word. Dit sal amptenare 'n veilige manier bied om ongerymdhede en korrupsie aan te meld sonder vrees vir…
27 Aug 11AM 1 min

NHE oorhandig 82 huise in Swakopmund

Die Nasionale Behuisingsonderneming het vandag deur die Nasionale Informele Nedersettingsopgraderingsprogram 82 voltooide huise aan lae-inkomste begunstigdes in Swakopmund oorhandig. Die onderneming se adjunkvoorsitter, Hasting Tjipueja, sê die program word oor al 14 streke uitgerol:
27 Aug 11AM 1 min

Eiseb wil korrupsie verhoed, nie net bestry

As een van sy eerste amptelike verpligtinge voordat hy formeel op 1 Oktober die leisels van direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie oorneem, het Bryan Eiseb 'n hoflikheidsbesoek aan die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, afgelê. Eiseb het kommer uitgespreek oor die kommissie se onvoldoende begroting, terwyl hy die Speaker…
27 Aug 10AM 1 min