Bok-vroue vat 5de Afrika-Rugby Vrouebekertitel

Loading player...
Die Springbok-vroue het die gasvroue Kenia met 35-20 geklop om hulle vyfde Afrika-Rugby Vrouebekertitel in Nairobi te verower. Suid-Afrika was teen rustyd 8-7 agter teen die Keniane wat geesdriftig deur die plaaslike skare aangemoedig is. Die Springbok-vroue het egter in die tweede helfte teruggeveg om nog 'n suksesvolle veldtog op die vasteland af te sluit. Die hulpafrigter, Franzel September sê hy was hoogs in sy skik op die manier waarop die span hulle spel na hulle vertoning teen Uganda opgeskerp het:
1 Jun 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Ampsklagkomitee dien verklaring in om Ramaphosa se aansoek te keer

Die ampsklagkomitee se voorsitter, Makashule Gana, het gister amptelik ʼn beëdigde verklaring by die Wes-Kaapse Hooggeregshof ingedien om president Cyril Ramaphosa se dringende aansoek om te keer dat die komitee met sy werk voortgaan, teen te staan. Die president soek ʼn interdik hangende die hersiening van die onafhanklike paneel se…
23 Jun 1AM 1 min

VSA hef verbod op Iran se olieverkope vir 60 dae op

Die Amerikaanse Tesourie het die verbod op die verkoop van Iranse olie vir 60 dae opgehef. Dis een van die voorwaardes in die memorandum van verstandhouding tussen Washington en Teheran. Dit gee tot 21 Augustus toestemming vir die vervaardiging, verkope en lewering van Iranse ruolie en petrochemiese produkte. Iranse olie…
23 Jun 1AM 1 min

Skokkende WhatsApp-bewyse ontbloot gesprekke oor kokaïen

Die Madlanga-kommissie het getuienis aangehoor oor 'n beweerde kokaïentransaksie waarby die sakeman Vusimusi "Cat" Matlala en sy medewerker, Medicare24 se uitvoerende hoof Mike van Wyk, betrokke was. Getuienis wat aan die kommissie voorgelê is, het WhatsApp-boodskappe en 'n video ingesluit wat glo wys hoe vermoedelike kokaïen geweeg word, met besprekings…
23 Jun 1AM 1 min

Miljoene in 2025 belê in mens-dier-konflik bekamping

Namibië versterk bewaringspogings in sy noordwestelike, noord-sentrale en noordoostelike streke, met byna 4,5 miljoen Namibiese dollar wat verlede jaar belê is in die vermindering van mens-dier-konflik, die bekamping van wildmisdaad en die verbetering van gemeenskapslewensbestaan. Kosmos 94.1 Nuus het met Bennett Kahuure, die direkteur van parke en wildlewebestuur by die…
23 Jun 1AM 1 min

Ten spyte van alles beskerm Grondwet LGBT-gemeenskap

Reaksie word ontvang oor 'n rits Wes-Afrika-lande wat in die afgelope maande wetgewing daargestel het om selfdegeslagverhoudings te verbied, en wat LGBT-regte verder op die vasteland ondermyn. Van Afrika se 54 lande kriminaliseer slegs ongeveer 20 tans nie selfdegeslagverhoudings nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Ethne Mudge, die direkteur van…
23 Jun 1AM 1 min