Swapo het nie meer 'herwinbare' leiers vir Namcor nie - IPC

Loading player...
Die Nasionale Petroleumkorporasie van Namibië, Namcor, het Mtundeni Ndafyaalako in Maart as die waarnemende besturende direkteur van dié staatsonderneming aangestel. Hy het voorheen die amp beklee as die uitvoerende hoof van die opwaartse petroleumsektor van Namcor. Die amptelike opposisie, IPC, se parlementêre leier, Imms Nashinge, meen die regerende party het nie meer lede om in hoë posisies te "herwin" nie. Nashinge stel voor Namibië moet na die buiteland kyk om leiers in dié posisies aan te stel.
1 Jun 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Cyril 'moet wrede plaasaanval op Donovan Marx veroordeel'

AfriForum vra president Cyril Ramaphosa om die plaasaanval te veroordeel op die boer van Noordwes, Donovan Marx, wat verlede week geskiet, gemartel en ernstig beseer is. Vyf verdagtes tussen 26- en 56-jaar oud is in verband met die aanval in hegtenis geneem en verskyn vandag die eerste keer in die…
3 Nov 8AM 1 min

Almal moet korrupsie, bedrog in Psemas help hokslaan

Die finansministerie doen 'n beroep op lede van die Staatsdienswerknemers-mediese hulpskema, Psemas, gesondheidsorgverskaffers en die publiek om te help in die stryd teen bedrog en korrupsie. In 'n veldtog met die tema "My Psemas, My Verantwoordelikheid", moedig die ministerie almal aan om verdagte transaksies en bedrieglike aktiwiteite aan te meld…
3 Nov 8AM 1 min

Trump-administrasie kan na verkiesing gestriem word

Miljoene Amerikaners stem vandag in die Amerikaanse middeltermynverkiesings, wat die magsbalans in die Kongres kan verander. Voormalige diplomaat Brooks Spector sê byna 60 miljoen vroeë stemme is reeds uitgebring. Hy sê 'n Demokratiese oorwinning in die Huis van Verteenwoordigers of die Senaat kan die Trump-administrasie se vermoë om wetgewing deur…
3 Nov 7AM 1 min

Siviele eise teen polisie styg skerp, NamPol keer wal

NamPol verskerp pogings om onregmatige arrestasies en aanhoudings te bekamp, midde 'n toename in siviele eise teen die polisiemag. Die waarnemende NamPol inspekteur-generaal, generaal-majoor Anne-Marie Nainda, sê 60 van die 85 siviele eise wat gedurende die 2026/2027-boekjaar aangeteken is, hou verband met beweerde onregmatige arrestasies en aanhoudings. Sy het dié…
3 Nov 7AM 1 min

Rugby: Bok-afrigter verdedig Moerat

Springbok-afrigter Rassie Erasmus het die slot Salmaan Moerat verdedig teen kritiek op sosiale media en sê hy lewer ʼn waardevolle bydrae. Moerat, wat reeds elf toetse gespeel het, is Saterdag in die opdrafspan in die Nasies-kampioenskaps-kragmeting met Italië in Turyn. Die 28-jarige, wat van die Stormers na La Rochelle in…
3 Nov 6AM 1 min