Hervorming van brandstofbedryf vorder, sê Amutse

Loading player...
Die regering maak vordering met die implementering van hervormings wat daarop gemik is om brandstofkoste te verlaag en die doeltreffendheid van petroleuminvoere te verbeter, sê energieminister Modestus Amutse. Amutse het Saterdag tydens ‘n nuuskonferensie gesê die plaaslike brandstofbedryf is verskeie kere deur die Namibiese Oliebedryfvereniging geraadpleeg oor planne om die land se brandstofbehoeftes te konsolideer om voordeel uit skaalvoordele te trek en premies bo die basiese brandstofprys uit te skakel. Regulasies oor die koördinering van grootmaat-petroleuminvoere is ook in ’n gevorderde stadium van finalisering, het hy gesê is. Sodra dit in werking tree, sal die regering alle petroleuminvoere kan koördineer, ’n hervorming wat volgens Amutse reeds in 2023 deur die bedryf ondersteun is.
31 May 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA in Ekurhuleni beloof verklikker-eenheid teen korrupsie

Die DA se burgemeesterskandidaat in die Gautengse metro Ekurhuleni, Khathutshelo Rasilingwane, het beloof sy sal binne haar eerste 100 dae 'n onafhanklike eenheid vir die beskerming van verklikkers stig as sy verkies word. Dit sal amptenare 'n veilige manier bied om ongerymdhede en korrupsie aan te meld sonder vrees vir…
27 Aug 11AM 1 min

NHE oorhandig 82 huise in Swakopmund

Die Nasionale Behuisingsonderneming het vandag deur die Nasionale Informele Nedersettingsopgraderingsprogram 82 voltooide huise aan lae-inkomste begunstigdes in Swakopmund oorhandig. Die onderneming se adjunkvoorsitter, Hasting Tjipueja, sê die program word oor al 14 streke uitgerol:
27 Aug 11AM 1 min

Eiseb wil korrupsie verhoed, nie net bestry

As een van sy eerste amptelike verpligtinge voordat hy formeel op 1 Oktober die leisels van direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie oorneem, het Bryan Eiseb 'n hoflikheidsbesoek aan die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, afgelê. Eiseb het kommer uitgespreek oor die kommissie se onvoldoende begroting, terwyl hy die Speaker…
27 Aug 10AM 1 min