Regering tref 'noodreëling' met Vitol om brandstof te verskaf

Loading player...
Die regering het 'n ooreenkoms met Vitol Energy, eienaar van Vivo Energy Namibia, aangegaan om die alleenverskaffer van brandstof in die land van 1 Julie tot die einde van September vanjaar te wees, het energieminister Modestus Amutse Saterdag bevestig. Volgens Amutse is Vitol die enigste maatskappy wat bereid is om brandstof teen die basiese brandstofprys, sonder enige premies, te verskaf. Die ooreenkoms met Vitol is in nasionale belang om die verbruiker teen groot brandstofprysstygings te beskerm en daar is niks onderduims aan die transaksie betrokke nie, het Amutse gesê. Hy het daarop gewys dat die Nasionale Energiefonds, wat verbruikers tot dusver deur subsidies gebuffer het, bykans uitgeput is. Namibië het genoeg brandstof – die probleem is die prys daarvan, het Amutse gesê:
31 May 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA in Ekurhuleni beloof verklikker-eenheid teen korrupsie

Die DA se burgemeesterskandidaat in die Gautengse metro Ekurhuleni, Khathutshelo Rasilingwane, het beloof sy sal binne haar eerste 100 dae 'n onafhanklike eenheid vir die beskerming van verklikkers stig as sy verkies word. Dit sal amptenare 'n veilige manier bied om ongerymdhede en korrupsie aan te meld sonder vrees vir…
27 Aug 11AM 1 min

NHE oorhandig 82 huise in Swakopmund

Die Nasionale Behuisingsonderneming het vandag deur die Nasionale Informele Nedersettingsopgraderingsprogram 82 voltooide huise aan lae-inkomste begunstigdes in Swakopmund oorhandig. Die onderneming se adjunkvoorsitter, Hasting Tjipueja, sê die program word oor al 14 streke uitgerol:
27 Aug 11AM 1 min

Eiseb wil korrupsie verhoed, nie net bestry

As een van sy eerste amptelike verpligtinge voordat hy formeel op 1 Oktober die leisels van direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie oorneem, het Bryan Eiseb 'n hoflikheidsbesoek aan die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, afgelê. Eiseb het kommer uitgespreek oor die kommissie se onvoldoende begroting, terwyl hy die Speaker…
27 Aug 10AM 1 min