#OntbytMetDoepieEnNina - Jou Mense My Mense (Oom Piet en Tannie Annietjie)

Loading player...
Oom Piet het ’n boodskap op sosiale media geplaas, en het ons uit verskeie oorde die boodskap ontvang. Hy sê: "Dit gaan nie goed met my vrou nie, Sy het osteoarthritis en osteoporose. Haar rug is ook op 3 plekke gebreek.” Tannie Annatjie het haar rug gebreek toe sy ’n kombers optel – dis hoe verbrokkel haar bene tans is. Dokters kan nie opereer nie, omdat haar bendere verbrokkel, Onlangse X-strale wys dat sy inflammasie van haar rug tot by haar knieë het. Sy kan tans niks vir haarself doen nie en is rolstoel-gebonde. Oom Piet het ’n versoek gerig vir hulp vir haar vir ’n nuwe rolstoel, wat ’n buigsame ruglening het vir haar om te lê wanneer die pyn te seer word. Ook vra hy vir ’n stoel vir haar om op te sit wanneer sy stort, en hulp met doeke. Oom Piet vra bo alles, dat mense hom op die hoek van Zambezi- en Visvanger-strate in Montana besoek, en van sy koekies koop, sodat hy al Tannie Annatjie se benodigdhede kan voorsien. Oom Piet en Tannie Annatjie is al 42 getroud. Beide Tannie Annatjie en Oom Piet verdien SASSA.
20 May Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

#OntbytMetDoepieEnNina - Mario Cesare

Ons gesels vanoggend met Mario Cesare oor sy nuwe boek, Tracks in the Dust: A Game Ranger's Journey, wat sy mees persoonlike boek tot dusver is. Dit is die verhaal van 'n lewe wat in die bosveld gevorm is, van teen-stroperoperasies en reddingsaksies vir gewonde diere, tot die diep bande…
14 Jul 17 min

#OntbytMetDoepieEnNina - Chris Burger

Ons gesels met Wildboer van die jaar 2025, Chris Burger oor jag in Suid-Afrika, die verskil tussen binne- en buitelandse jagters en hoe belangrik veiligheid is.
9 Jul 13 min