#OntbytMetDoepieEnNina - Tamlyn Wessels (Nie so diep nie)

Loading player...
Tamlyn Wessels kom gesels oor "Dis Nie So Diep Nie" ’n versameling herkenbare stories oor liefde, waardes, groei en optimisme – toegewerk in warm melodieë en radio‑vriendelike produksie. Dit dui op ’n opwindende nuwe hoofstuk in Tamlyn se loopbaan en bevestig haar verder as een van Afrikaanse pop se mees belowende nuwe stemme.

Met die vrystelling van die EP word die titelsnit “Nie So Diep Nie” ook bekendgestel, saam met ’n diepgaande musiekvideo wat Tamlyn se storie met Guillain‑Barré‑sindroom vertel, so hou die tissues naby.

Die video bevat ook egte beeldmateriaal uit Tamlyn se tyd in die hospitaal tydens haar jonger jare – ’n eerlike, rou en lewensgetroue kykie na haar persoonlike reis.
11 May Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

#OntbytMetDoepieEnNina - Mario Cesare

Ons gesels vanoggend met Mario Cesare oor sy nuwe boek, Tracks in the Dust: A Game Ranger's Journey, wat sy mees persoonlike boek tot dusver is. Dit is die verhaal van 'n lewe wat in die bosveld gevorm is, van teen-stroperoperasies en reddingsaksies vir gewonde diere, tot die diep bande…
14 Jul 17 min

#OntbytMetDoepieEnNina - Chris Burger

Ons gesels met Wildboer van die jaar 2025, Chris Burger oor jag in Suid-Afrika, die verskil tussen binne- en buitelandse jagters en hoe belangrik veiligheid is.
9 Jul 13 min