Vier Chinese vissersbote vas in SA

Loading player...
Die minister van bosbou, visserye en die omgewing, Willie Aucamp, sê vier vissersbote onder die Chinese vlag is onderskep toe hulle Suid-Afrika se eksklusiewe ekonomiese sone en gebiedswaters sonder die nodige magtiging binnekom het. Hulle is binne 12 seemyl van die KwaZulu-Natalse kus opgemerk en is later langs die Oos-Kaapse kus gevolg. Die departement se woordvoerder, Zolile Nqayi, sê polisie- en vissery-beheerbeamptes het die vaartuie wat aan Shenzhen Shuiwan Pelagic Fisheries behoort, in die Kaapstad-hawe onder bewaking geplaas:
13 Mar 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Piesangs kan groot vrugte in Noorde afwerp

Die Namibiese Akkerbouraad het onlangs 'n piesang oes-demonstrasie en -opleiding by Zambali Lodge in Katima Mulilo aangebied. Die raad is positief dat piesangverbouing lewensvatbaar in Namibië is. Die raad se woordvoerder, Liseli Mwilima, deel meer inligting met Kosmos 94.1 Nuus.
1 Jul 12PM 1 min

Migrantbetogings: Meer as 900 in boeie

Die Nasionale Gesamentlike Bedryfs- en Intelligensiestruktuur sê die meerderheid van Dinsdag se landwye betogings was vreedsaam en 108 van die 120 optogte was sonder voorval. Meer as 900 mense is in hegtenis geneem vir onder meer openbare geweldpleging, plundering, sake-rooftogte en immigrasie-verwante oortredings. Adjunk-nasionale polisiekommissaris, Tebello Mosikili, het op 'n…
1 Jul 11AM 1 min

Filmkommissie se streek-roadshow eindig môre

Die Namibiese Filmkommissie sal môre sy 2026 Streeksfilm-Roadshow afsluit in Windhoek met die vertoning van drie plaaslik befondsde films, Mindful Maestros, Connection, en One More Win. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sê die kommissie se woordvoerder, Nicola Muranda, dat die roadshow 'n sukses was om Namibië se groeiende…
1 Jul 11AM 1 min

Staatsondernemingspele begin môre op Rundu

Die 2026 Staatsondernemingspele sal na verwagting 'n beduidende ekonomiese inspuiting vir Rundu beteken wanneer die multi-sportbyeenkoms môre afskop. Meer as 4 000 deelnemers van 47 staatsondernemings sal ekonomiese aktiwiteit in die dorp stimuleer en plaaslike akkommodasieverskaffers, restaurante, kleinhandelaars en ander ondernemings bevoordeel. Deelnemers sal in agt sportkodes meeding tydens die…
1 Jul 11AM 1 min

Goedkoper brandstof gaan prysmonster effe briek

Reaksie word ontvang op die energieminister se aankondiging vanmiddag dat brandstofpryse Vrydag verlaag gaan word. Kosmos 94.1 Nuus het met Simonis Storm se ekonoom, Almandro Jansen, gepraat wat sê dat Brent-ru-oliepryse aansienlik gedaal het vanaf die hoë vlakke wat aan die begin van die konflik in die Midde-Ooste aangeteken is…
1 Jul 10AM 1 min