Namibië geloof vir pogings teen jeugwerkloosheid

Loading player...
Namibië het lof van die Afrika-eweknie-oorsigmeganisme ontvang vir sy pogings om jeugwerkloosheid aan te pak. Dit is in terme van 'n geteikende oorsigverslag wat in 2017 opgestel is en hervormings in onderwys, tegniese opleiding, jeugbefondsing en waardetoevoeging in landbou aanbeveel. Die regering sê vordering sluit in die stig van 'n soewereine welvaartfonds en 'n Nasionale Jeugontwikkelingsfonds om jong entrepreneurs te ondersteun en werk te skep. Kosmos 94.1 Nuus het met Dr. Alfons Witbeen, die Afrika-eweknie-oorsigmeganisme se direkteur van bedrywighede gepraat, wat 'n opdatering gee van die Jeugontwikkelingsfonds.
12 Mar 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Maak reg vir reën dié naweek

Dié naweek kan daar reën verwag word maar voorspellings verskil, met sommige wat dui op donderstorms en ander op matige reënval. Dit warm ook effe op. Kosmos 94.1 Nuus het met Albertina Anderson, weerkenner van die Namibiese Metereologiese Diens gepraat.
24 Apr 11AM 1 min

Gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit: EU

Die Europese Unie waarsku gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit, anders kan dit 'n swakker ooreenkoms wees as 2015 se omvattende aksieplan. Dit is goedgekeur deur die administrasie van die destydse Amerikaanse president, Barack Obama. Iran het ingestem om sy sensitiewe kernbedrywighede te beperk en internasionale inspekteurs toe te laat…
24 Apr 11AM 1 min

Min tyd om vir Napha se medaljeverkope-toekennings te kwalifiseer

Met slegs vier maande oor tot die einde van Augustus, raak die tyd om vir die Namibië Professionele Jagvereniging se trofee-medaljeverkope-toekennings te kwalifiseer min. Kristin Maritz van Napha het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat deelname aan trofeeverkope 'n primêre inkomstestroom vir die organisasie is, wat direk gemeenskapsgerigte inisiatiewe en…
24 Apr 11AM 1 min