Lamola sê Bozell is ingeroep

Loading player...
Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, het bevestig dat die Amerikaanse ambassadeur in Suid-Afrika, Leo Brent Bozell, deur die departement ingeroep is om sy ondiplomatiese opmerkings te verduidelik. In 'n toespraak by 'n Biznews-konferensie het Bozell Amerika se frustrasie met Suid-Afrika uiteengesit omdat hulle nie gehoor gee aan versoeke oor grondonteiening, breëbasis-swart ekonomiese bemagtiging en die beskerming van wit boere nie. Lamola sê Suid-Afrika se buitelandse beleid is geanker in multilateralisme en vreedsame oplossing van geskille:
12 Mar 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Maak reg vir reën dié naweek

Dié naweek kan daar reën verwag word maar voorspellings verskil, met sommige wat dui op donderstorms en ander op matige reënval. Dit warm ook effe op. Kosmos 94.1 Nuus het met Albertina Anderson, weerkenner van die Namibiese Metereologiese Diens gepraat.
24 Apr 11AM 1 min

Gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit: EU

Die Europese Unie waarsku gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit, anders kan dit 'n swakker ooreenkoms wees as 2015 se omvattende aksieplan. Dit is goedgekeur deur die administrasie van die destydse Amerikaanse president, Barack Obama. Iran het ingestem om sy sensitiewe kernbedrywighede te beperk en internasionale inspekteurs toe te laat…
24 Apr 11AM 1 min

Min tyd om vir Napha se medaljeverkope-toekennings te kwalifiseer

Met slegs vier maande oor tot die einde van Augustus, raak die tyd om vir die Namibië Professionele Jagvereniging se trofee-medaljeverkope-toekennings te kwalifiseer min. Kristin Maritz van Napha het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat deelname aan trofeeverkope 'n primêre inkomstestroom vir die organisasie is, wat direk gemeenskapsgerigte inisiatiewe en…
24 Apr 11AM 1 min