SA ekonomie groei met 0,4% in laaste kwartaal 2025

Loading player...
Suid-Afrika se ekonomie het vir 'n vyfde agtereenvolgende periode groei getoon, met groei van 0,4-persent in die vierde kwartaal van verlede jaar. Tussen Oktober en Desember is die toename hoofsaaklik gedryf deur die finansies-, handels- en dienstesektore, sowel as hoër huishoudelike besteding en owerheidsbesteding. Bokang Vumbukani-Lepolesa van Statistieke Suid-Afrika sê in die jaar as geheel het die ekonomie in 2025 met 1,1-persent verbeter, die sterkste jaarlikse groei sedert 2022, hoewel sektore soos vervaardiging, mynbou en elektrisiteit afgeneem het:
10 Mar 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

VSA-hoëlui in Pakistan; Iran weier direkte samesprekinge

President Donald Trump se spesiale gesant Steve Witkoff en presidensiële adviseur Jared Kushner word vandag in Pakistan verwag vir samesprekings oor die Iran-oorlog. Withuis-woordvoerder Karoline Leavitt het Vrydag gesê Teheran het bereidwilligheid tot ‘n gesprek getoon, terwyl visepresident JD Vance gereed staan om te reis indien daar vordering gemaak word…
25 Apr 1AM 1 min

Copps 94.1: Drankduiwel listig in hoofstad

Die drankduiwel het Vrydagaand rooi ligte helder in Windhoek laat flikker met die Copps 94.1-span, in samewerking met die Namibiese polisie, wat sommer uit die staanspoor met ‘n oënskynlik besope jong man moes huishou wat groot amok gemaak het. In nóg ‘n voorval het ‘n groep jong meisies ook hard…
25 Apr 12AM 1 min

Maak reg vir reën dié naweek

Dié naweek kan daar reën verwag word maar voorspellings verskil, met sommige wat dui op donderstorms en ander op matige reënval. Dit warm ook effe op. Kosmos 94.1 Nuus het met Albertina Anderson, weerkenner van die Namibiese Metereologiese Diens gepraat.
24 Apr 11AM 1 min