Só is M-pokke-, Kongokoors-uitbrekings beëindig

Loading player...
Die gesondheidministerie het die suksesvolle inperking van Mpokke- en Kongo Koors-uitbrekings in die Erongo- en Omaheke-streke aangekondig. Die Mpokke-uitbreking is op 19 Oktober 2025 in Swakopmund verklaar na die eerste laboratoriumbevestigde geval op 18 Oktober 2025. Namibië het drie bevestigde gevalle aangeteken, wat almal ten volle herstel het en op 12 November 2025 uit isolasie ontslaan is. Een pasiënt is in November 2025 aan Kongokoors dood. Kosmos 94.1 Nuus het met Walters Kamaya, die ministerie se woordvoerder gepraat, wat verduidelik hoe die uitbrekings bekamp is.
10 Mar 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

VSA-hoëlui in Pakistan; Iran weier direkte samesprekinge

President Donald Trump se spesiale gesant Steve Witkoff en presidensiële adviseur Jared Kushner word vandag in Pakistan verwag vir samesprekings oor die Iran-oorlog. Withuis-woordvoerder Karoline Leavitt het Vrydag gesê Teheran het bereidwilligheid tot ‘n gesprek getoon, terwyl visepresident JD Vance gereed staan om te reis indien daar vordering gemaak word…
25 Apr 1AM 1 min

Copps 94.1: Drankduiwel listig in hoofstad

Die drankduiwel het Vrydagaand rooi ligte helder in Windhoek laat flikker met die Copps 94.1-span, in samewerking met die Namibiese polisie, wat sommer uit die staanspoor met ‘n oënskynlik besope jong man moes huishou wat groot amok gemaak het. In nóg ‘n voorval het ‘n groep jong meisies ook hard…
25 Apr 12AM 1 min

Maak reg vir reën dié naweek

Dié naweek kan daar reën verwag word maar voorspellings verskil, met sommige wat dui op donderstorms en ander op matige reënval. Dit warm ook effe op. Kosmos 94.1 Nuus het met Albertina Anderson, weerkenner van die Namibiese Metereologiese Diens gepraat.
24 Apr 11AM 1 min